Country Escapes

Hidden gems & relaxing getaways in the Western Cape, South Africa

  • Home
  • Accommodation
    • All listings
    • Beach Escapes
    • Boutique Hotels
    • Family Friendly
    • Farm Stays
    • Game Reserves/Lodges
    • Guest Houses/BnB’s
    • Off the Grid Experiences
    • Pet-Friendly Stays
    • Self-Catering Places
  • Travel Experiences
  • How it Works
  • Guest
    • Account
    • Your Properties
    • Add Property
    • Favorites
    • Edit Profile
  • Join Us
    • Establishment owner
    • Accommodation Seekers
  • Log In
Primary
  • Home
  • Accommodation
    • All listings
    • Beach Escapes
    • Boutique Hotels
    • Family Friendly
    • Farm Stays
    • Game Reserves/Lodges
    • Guest Houses/BnB’s
    • Off the Grid Experiences
    • Pet-Friendly Stays
    • Self-Catering Places
  • Travel Experiences
  • How it Works
  • Guest
    • Account
    • Your Properties
    • Add Property
    • Favorites
    • Edit Profile
  • Join Us
    • Establishment owner
    • Accommodation Seekers
  • Log In
Bloukrans Klein-Bewarea

Bloukrans Klein-Bewarea

Groot Karoo
Farm staysOff the Grid ExperiencesSelf-catering Places
0 Reviews
0 Favorite
Write a Review

Bloukrans Klein-Bewarea, Groot Karoo

Êrens tussen die kliprante en -koppe van die Moordenaarskaroo is daar ʼn plaas met die naam Bloukrans. Jy moet grondpad ry om daar te kom, maar met elke plaashek wat jy oop- en toemaak, begin stad en dorp en geraas stuk-stuk van jou wegval en kom lê die ruwe, ongenaakbare karoo asemrowend mooi teenaan jou.

Hier kan jy tussen klowe en in gestolde rivierbeddings die oertyd instap en ontdek waar die spore van die vroegste mense en diere nog net so onveranderd lê. Hierdie plek het baie gesigte, baie stories, baie geheime, baie wonders, maar sy het tyd nodig om dit met jou te deel.

Want eers dán, as jy van die gejaag ontsnap het, sal jy die witkruisarende se nes op die krans en die koedoe tussen die doringbome raaksien en die klipblomme wat soos gekleurde doilies op die rotse gloei. Of laatnag, hoe die sterre skitterend en geluidloos agter die heuwels inval.

Kliphuisie

Die herdershuisie bring op ʼn manier hulde aan ʼn vervloë tyd toe ʼn skaapwagter manalleen gevare en uiterste omstandighede in die veld moes trotseer. Elemente van so ʼn karige bestaan het behoue gebly. Dit is besoekers se voorreg om dié eenvoud as ʼn skaars en ánderste soort luukse te ervaar.

Modderhuis

ʼn Platdakhuisie van die Karoo, ruim genoeg sodat gaste ook vir langer tye gerieflik hier kan bly. Onopgesmuk en eerlik met die kleure en teksture van die veld binne; elke venster ʼn klein skildery van die dramatiese landskap buite.

For more information on Bloukrans Klein-Bewarea press the GREY Contact button.

Labels

Self Catering

Rate & Write a Review

Cancel reply

Bloukrans Klein-Bewarea

Franci Vosloo

Member since Nov 2019
Contact
Profile
Groot Karoo
Get Directions

Business Social Profiles

  • Facebook URL
  • Instagram URL
Copyright Country Escapes © 2022. All Rights Reserved
  • Facebook
  • Instagram
  • LinkedIn

Login

Register |  Lost your password?